DIE SHEET HYDROFORMING OF A COMPLEX-SHAPED AA2024-W AIRCRAFT SKIN PANEL — FROM CONCEPT TO FINAL COMPONENT

In die vroee stadiums vereis produkontwerp 'n meer kwantitatiewe proses om seker te maak dat die simulasiestudie se uitkoms aan die verwagtinge voldoen. Die doel van hierdie studie was om vas te stel of 'n simulasiepakket vir vervaardigingsimulasie die stempelplaat-hidrovorming van 'n...

Ausführliche Beschreibung

Gespeichert in:
Bibliographische Detailangaben
Veröffentlicht in:South African journal of industrial engineering 2021-12, Vol.32 (4), p.13-27
Hauptverfasser: Serfontein, Jean-Pierre Louis, Damm, Oliver, Sacks, Natasha, Gerber, Wouter Theron, Botha, Mattheus Johannes
Format: Artikel
Sprache:eng
Schlagworte:
Online-Zugang:Volltext
Tags: Tag hinzufügen
Keine Tags, Fügen Sie den ersten Tag hinzu!
Beschreibung
Zusammenfassung:In die vroee stadiums vereis produkontwerp 'n meer kwantitatiewe proses om seker te maak dat die simulasiestudie se uitkoms aan die verwagtinge voldoen. Die doel van hierdie studie was om vas te stel of 'n simulasiepakket vir vervaardigingsimulasie die stempelplaat-hidrovorming van 'n aluminiumligering vliegtuigpaneel met 'n komplekse vorm doeltreffend kon evalueer en staaf. Die ru-stuk- en persgereedskap konsepte is digitaal gekonseptualiseer, geevalueer, en gestaaf met behulp van die konseptualiseringsiklus van die vormingsproses. Omdat dit nie nodig was om verskeie ru-stuk- en persgereedskap konsepte fisies te toets nie, is daar beduidend bespaar deur die gebruik van 'n hulpbrondoeltreffende ontwikkelingsproses. Selfs sonder die modellering van die hiperelastiese rubberelemente kon n suksesvolle hidrovormingsimulasieuitslag behaal word. Die studie het egter getoon dat 'n rubber-op-metaalwrywingskoeffisient toepaslik geinkorporeer moet word. Die studie dui op die gebrek aan standaard metrologiemetodes vir die akkurate evaluering van 'n simulasie-uitslag in kommersiele simulasiepakkette. Simulasiemetrologie is 'n nuwe belangstellingsgebied wat verder ontwikkel moet word. Die navorsing dra by tot die verbetering van die simulasieproses van plaatmetaalvorming, en spesifiek die simulasie van die stempelplaathidrovormingsproses. Die studie is van nut vir die ruimtevaart- en motorbedryf en bevorder die aanvaarding van digitale vervaardigingsprosesse.
ISSN:2224-7890
1012-277X
2224-7890
DOI:10.7166/32-4-2502