Toegang tot navorsingsassistentskappe aan universiteite in die globale noorde en globale suide
Die ontwikkeling van nagraadse studente as navorsers is wêreldwyd ’n belangrike doelwit in die hoëronderwyskonteks. Navorsingsleerruimtes soos navorsingskursusse, navorsingswerkswinkels en navorsingsassistentskappe kweek nagraadse studente as die toekomstige generasie navorsers soos wat hulle teoret...
Gespeichert in:
Veröffentlicht in: | Litnet Akademies : 'n Joernaal vir die Geesteswetenskappe, Natuurwetenskappe, Regte en Godsdienswetenskappe Natuurwetenskappe, Regte en Godsdienswetenskappe, 2017-12, Vol.14 (3), p.618-640 |
---|---|
Hauptverfasser: | , |
Format: | Artikel |
Sprache: | afr |
Schlagworte: | |
Online-Zugang: | Volltext |
Tags: |
Tag hinzufügen
Keine Tags, Fügen Sie den ersten Tag hinzu!
|
Zusammenfassung: | Die ontwikkeling van nagraadse studente as navorsers is wêreldwyd ’n belangrike doelwit in die hoëronderwyskonteks. Navorsingsleerruimtes soos navorsingskursusse, navorsingswerkswinkels en navorsingsassistentskappe kweek nagraadse studente as die toekomstige generasie navorsers soos wat hulle teoretiese en metodologiese kennis ontwikkel. Navorsingsassistentskappe bied praktiese geleenthede tot navorsingsopvoeding en die noodsaaklikheid daarvan om bekwame navorsers te ontwikkel word toenemend erken. Tog is daar ’n skaarste aan literatuur wat ondersoek instel na hoe instansies se praktyke en regulasies doktorale studente se toegang tot assistentskappe beïnvloed. Hierdie artikel is gebaseer op die skrywers se professionele ondervinding, informele gesprekke met kollegas, dokumentontledings en ’n omvattende oorsig van internasionale literatuur. Die skrywers ondersoek die praktyke en regulasies by hulle onderskeie universiteite in Kanada en Suid- Afrika, met die fokus op toegang van nagraadse studente tot navorsingsassistentskappe. Bevindinge maak dit duidelik dat soortgelyke uitdagings in albei lande se kontekste bestaan, en dat dit aangespreek moet word om gelyke en billike toegang te bevorder. ’n Meer inklusiewe benadering tot navorsingsassistentskappe kan lei tot ’n toename in die getal vaardige jong navorsers wat die vermoë het om tot die instelling se navorsingskapasiteit by te dra.Access to research assistantship opportunities in global north and global southThe development of postgraduate students as researchers is a key objective in higher education internationally. Research learning spaces such as research courses, research workshops and research assistantships nurture postgraduate students as the future generation of researchers as they develop theoretical and methodological knowledge. Research assistantships represent a unique educational space for postgraduate students to acquire research knowledge and skills while assisting faculty members with their research studies. Students engaged in research assistantships have the potential to acquire valuable skills as they learn how to conduct research that could ultimately contribute to knowledge creation (Pearson and Brew 2002; Steward 2010). At the same time, researchers are able to mentor dedicated students, enhance their research outputs, and co-author journal articles or copresent at conferences. |
---|---|
ISSN: | 1995-5928 |