Designing success : describing a collaborative clothing design process between apprentice designers and expert design entrepreneurs

Die Suid-Afrikaanse kledingbedryf is onder geweldige ekonomiese druk, veral ten opsigte van vervaardiging, wat ook kledingontwerp insluit. Daar is bevind dat 50% van werknemers in hierdie bedryf in 2013 afgelê is weens die feit dat kledingmaatskappye nie met goedkoop kledinginvoere in die mark kon m...

Ausführliche Beschreibung

Gespeichert in:
Bibliographische Detailangaben
Veröffentlicht in:Journal of Family Ecology and Consumer Sciences = Tydskrif vir Gesinsekologie en Verbruikerswetenskappe 2015-01, Vol.43 (1), p.50-61
Hauptverfasser: Mastamet-Mason, Anne, Tselepis, Thea J., Antonites, Alex J.
Format: Artikel
Sprache:eng
Online-Zugang:Volltext
Tags: Tag hinzufügen
Keine Tags, Fügen Sie den ersten Tag hinzu!
Beschreibung
Zusammenfassung:Die Suid-Afrikaanse kledingbedryf is onder geweldige ekonomiese druk, veral ten opsigte van vervaardiging, wat ook kledingontwerp insluit. Daar is bevind dat 50% van werknemers in hierdie bedryf in 2013 afgelê is weens die feit dat kledingmaatskappye nie met goedkoop kledinginvoere in die mark kon meeding nie. Entrepeneurskap in hierdie bedryf word aangemoedig om oplossings te bied vir werkloosheid. Gevolglik is daar 'n behoefte aan platforms wat kledingontwerpers kan ondersteun wat hul eie ondernemings wil stig. Een sodanige inisiatief wat spesifiek vir kledingontwerpers in Gauteng geïmplementeer is, is deur 'n gevestigde modehuis geloods. Hierdie platform het ten doel om leerling-kledingontwerpers wat hul eie ondernemings wil begin, by te staan met tegniese opleiding en ondersteuning. Terwyl die leerling-ontwerpers se vaardighede in hierdie proses ontwikkel en verbeter word, word daar ook realistiese verwagtings oor die bedryf bewerkstellig. Die studie handel oor 'n spesifieke ontwerpproses wat toegepas is tydens 'n opleidingsprogram vir leerling-ontwerpers by die gevestigde modehuis. Die bepaalde ontwerpproses wat in hierdie studie beskryf word, is gebruik om 'n kledingreeks saam te stel wat eers op 'n internasionale modeskou ten toon gestel is en daarna na 'n spesialiteitswinkel in Gauteng gestuur is om aan 'n spesifieke teikenmark verkoop te word. Die navorsingsontwerp was 'n gevallestudie en die navorsingsmetodes was kwalitatief van aard. Die navorsingsmetodes het waarnemings van die ontwerpproses en semi-gestruktureerde onderhoude met deelnemers ingesluit. Die deelnemers het nege leerling- en drie spesialisontwerpers ingesluit. Samewerking tussen twee leerlingontwerpers en 'n spesialisontwerper het kreatiwiteit van 'n span, in plaas van individue, tydens 'n ontwerpproses opgelewer. Die bevindinge dui daarop dat die span se kreatiwiteit voordele inhou vir alle betrokke partye. Die bevindinge ten opsigte van kreatiwiteit dui daarop dat spesialisontwerpers die vaardigheid en aanpasbaarheid, wat twee dimensies van kreatiwiteit is, van die leerlingontwerpers gestimuleer het. Verder is daar bevind dat die leerlingontwerpers met nuwe, oorspronklike idees vorendag gekom het wat die spesialis-ontwerpers inspireer het. Die sukses van die ontwerpte reeks ten opsigte van die beeld van die handelsnaam en die feit dat dit aan die behoeftes en voorkeure van 'n bepaalde teikenmark voldoen het, dui ook daarop dat die kreatiewe omgewing 'n positiewe bydrae tot die ui
ISSN:0378-5254