Middellike aanspreeklikheid vir 'n opsetlike delik : regspraak
Hierdie saak is die derde in 'n reeks beslissings van die hoogste hof van appèl in verband met delikseise teen die staat op grond van beweerde onreëlmatighede by tenderprosedures. In die eerste twee sake het die eisers die onderspit gedelf. In Olitzki Property Holdings v State Tender Board (200...
Gespeichert in:
Veröffentlicht in: | Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse reg 2007-01, Vol.2007 (3), p.616-622 |
---|---|
Hauptverfasser: | , |
Format: | Artikel |
Sprache: | afr |
Online-Zugang: | Volltext |
Tags: |
Tag hinzufügen
Keine Tags, Fügen Sie den ersten Tag hinzu!
|
Zusammenfassung: | Hierdie saak is die derde in 'n reeks beslissings van die hoogste hof van appèl in verband met delikseise teen die staat op grond van beweerde onreëlmatighede by tenderprosedures. In die eerste twee sake het die eisers die onderspit gedelf. In Olitzki Property Holdings v State Tender Board (2001 3 SA 1247 (HHA)) het die Gautengse provinsiale wetgewer tenders aangevra vir kantoorakkommodasie. Die eiser het 'n opsie verkry om 'n gebou te koop en getender om die kantoorspasie daarin tot die beskikking van die provinsiale regering te stel. By afwysing van die tender, het die eiser 'n eis om skadevergoeding ingestel teen die twee verweerders, die staattenderraad en die provinsiale regering. Die eis is onder andere daarop gebaseer dat die verweerders inbreuk gemaak het op die eiser se reg op 'n billike, openbare en mededingende tenderstelsel, soos vereis word deur artikel 187(2) van die tussentydse grondwet van 1993, deurdat die provinsiale regering die tenderraad beïnvloed het om die tender aan iemand anders toe te ken. Die hof moes in hierdie verband beslis of die verbreking van 'n statutêre plig deur die tussentydse grondwet opgelê, aanleiding kan gee tot 'n siviele eis om skadevergoeding. Appèlregter Cameron beantwoord die vraag negatief, onder meer omdat weens openbare beleid die toestaan van 'n deliksremedie waarskynlik 'n te swaar las op die staat sou plaas (sien Neethling en Potgieter 2002 TSAR 381 ev vir 'n bespreking). |
---|---|
ISSN: | 0257-7747 1996-2207 |