Arbitrêre gronde vir onbillike diskriminasie en die bewyslas in arbeidsgeskille : regte

Om onbillike diskriminasie in die werkplek te bewys, behels verskeie stappe. Ten eerste moet daar 'n oortuigende grond of rede aangevoer word, dan moet spesifieke negatiewe praktyke of optredes bewys word en ten slotte moet die nadelige gevolge van die beweerde diskriminasie gewigtig genoeg wee...

Ausführliche Beschreibung

Gespeichert in:
Bibliographische Detailangaben
Veröffentlicht in:Litnet Akademies : 'n Joernaal vir die Geesteswetenskappe, Natuurwetenskappe, Regte en Godsdienswetenskappe Natuurwetenskappe, Regte en Godsdienswetenskappe, 2014-03, Vol.11 (1), p.169-187
1. Verfasser: De Villiers, Dawid
Format: Artikel
Sprache:afr
Schlagworte:
Online-Zugang:Volltext
Tags: Tag hinzufügen
Keine Tags, Fügen Sie den ersten Tag hinzu!
Beschreibung
Zusammenfassung:Om onbillike diskriminasie in die werkplek te bewys, behels verskeie stappe. Ten eerste moet daar 'n oortuigende grond of rede aangevoer word, dan moet spesifieke negatiewe praktyke of optredes bewys word en ten slotte moet die nadelige gevolge van die beweerde diskriminasie gewigtig genoeg wees om diskriminasie daar te stel. Diskriminasie is voorheen as 'n onderafdeling van onbillike arbeidspraktyke gesien. Mettertyd het die wetgewer hierdie terme van mekaar begin onderskei en in aparte wette gekodifiseer. Diskriminasie wat tot ontslag lei, word in die Wet op Arbeidsverhoudinge (WAV) van 1995 as 'n subtipe van outomatiese onbillike ontslag (artikel 197) omskryf. Die onbillike optrede van die werkgewer teenoor 'n werknemer wat nog in diens is en soms diskriminasie kan insluit, word in die Wet op Gelyke Indiensneming (WGI) as onbillike diskriminasie verbied (artikel 6). Hierdie artikel verken in die eerste plek die geskiedenis oor die wyse waarop onbillike diskriminasie 'n selfstandige eisoorsaak geword het. Die aard van die gelyste en sogenaamde arbitrêre gronde en die verskil tussen hulle het heelwat bespreking uitgelok en is die tweede fokus van hierdie ondersoek. Die ietwat gebrekkige artikel 11 van die Wet op Gelyke Indiensneming (soos in 1998) kom ook onder die loep. 'n Derde fokus is die bewyslas in sodanige dispute. Die rol van die Internasionale Arbeidsorganisasie se Konvensie 111 word ondersoek en invloedryke beslissings van die howe word ook bespreek. Daar word krities gevra of 'n bewese grond in alle gevalle 'n noodsaaklike vereiste moet wees om diskriminasie te bewys. Ten slotte word gekyk na die waarde wat die wysigings, soos vervat in die Wysigingswet op Gelyke Indiensneming (Januarie 2014), kan toevoeg en word enkele ander voorstelle gemaak wat implementering met die oog op toekomstige beslegting van dispute kan fasiliteer. Arbitrary grounds for unfair discrimination and the burden of proof in labour disputes From the title of the article three main topics emerge: unfair discrimination, arbitrary grounds and the burden of proof. Unfair discrimination is a sensitive topic in South Africa. Over decades it was a priority of the legislator to counteract unfair discrimination in the work place. It entails a long, yet fascinating history. The saga is not yet completed, inter alia in the light of the amendments introduced by the Employment Equity Amendment Act which was signed into statute by the State President in January 2014. Discrimination was
ISSN:1995-5928