Deliktuele staatsaanspreeklikheid weens polisieverkragting : regte
Die polisiediens verkeer in 'n haglike toestand onder meer weens die pleeg van geweldsmisdade soos verkragting deur polisiebeamptes. Uiteraard behoort die burgery teen sodanige misdadige optrede beskerm te word. In hierdie verband het ons reg ver gevorder om die nodige beskerming deur middel va...
Gespeichert in:
Veröffentlicht in: | Litnet Akademies : 'n Joernaal vir die Geesteswetenskappe, Natuurwetenskappe, Regte en Godsdienswetenskappe Natuurwetenskappe, Regte en Godsdienswetenskappe, 2012-08, Vol.9 (2), p.73-99 |
---|---|
Hauptverfasser: | , |
Format: | Artikel |
Sprache: | afr |
Schlagworte: | |
Online-Zugang: | Volltext |
Tags: |
Tag hinzufügen
Keine Tags, Fügen Sie den ersten Tag hinzu!
|
Zusammenfassung: | Die polisiediens verkeer in 'n haglike toestand onder meer weens die pleeg van geweldsmisdade soos verkragting deur polisiebeamptes. Uiteraard behoort die burgery teen sodanige misdadige optrede beskerm te word. In hierdie verband het ons reg ver gevorder om die nodige beskerming deur middel van deliktuele aanspreeklikheid te verskaf, en het die Grondwet met sy invloedryke handves van regte 'n deurslaggewende rol gespeel. Dit blyk duidelik uit die toonaangewende uitsprake van die konstitusionele hof in K v Minister of Safety and Security 2005 6 SA 419 (KH) en F v Minister of Safety and Security 2012 1 SA 536 (KH) dat die staat in beginsel middellik aanspreeklik is vir die verkragting waaraan polisiebeamptes hulle skuldig maak. Middellike aanspreeklikheid hang daarvan af of daar in 'n bepaalde geval 'n voldoende noue verband tussen die verkragting en die polisielid se werk bestaan het. In die algemeen dui grondwetlike en statutêre imperatiewe om die publiek - veral kwesbare groepe soos vroue en meisies - teen geweldsmisdaad te beskerm, op die bestaan van so 'n verband. In die besonder kan die volgende faktore aanduidend wees van 'n voldoende noue verband: die staat se kontrole oor polisiebeamptes, die publiek se vertroue dat die polisiediens hulle sal beskerm, die feit dat die polisieverkragter deur die gebruik van polisietoerusting in staat gestel is om die verkragting te pleeg, die wisselwerking tussen die positiewe daad van verkragting en die versuim om die slagoffer te beskerm, en die risiko wat die staat skep deur die aanstelling en indienshouding van onbetroubare polisielede. Daar kan oorweeg word om die konstitusionele hof se "grondwetlike" benadering tot middellike aanspreeklikheid by verkragting eerder deur direkte aanspreeklikheid van die staat te vervang (waar bovermelde faktore ook 'n rol kan speel), aangesien die vereiste by middellike aanspreeklikheid dat daar 'n voldoende noue verband tussen die polisieverkragter en sy werk moet bestaan, by verkragting oënskynlik oorspan word. |
---|---|
ISSN: | 1995-5928 |