The legal nature, protection, and transferability of interests in a retirement scheme
In die Suid-Afrikaanse samelewing hel aftree-oorde as gevolg van verskeie sosio-ekonomiese oorwegings 'n noodsaaklikheid geword. Die behoefte aan veilige en gerief-like behuising vir bejaardes onafhanklik van kinders of familielede het so 'n omvang aangeneem dat dit tans *n aansienlike sek...
Gespeichert in:
Veröffentlicht in: | Tydskrif vir hedendaagse Romeins-Hollandse Reg 2021-08, Vol.84 (3), p.283 |
---|---|
1. Verfasser: | |
Format: | Artikel |
Sprache: | afr ; eng |
Schlagworte: | |
Online-Zugang: | Volltext |
Tags: |
Tag hinzufügen
Keine Tags, Fügen Sie den ersten Tag hinzu!
|
Zusammenfassung: | In die Suid-Afrikaanse samelewing hel aftree-oorde as gevolg van verskeie sosio-ekonomiese oorwegings 'n noodsaaklikheid geword. Die behoefte aan veilige en gerief-like behuising vir bejaardes onafhanklik van kinders of familielede het so 'n omvang aangeneem dat dit tans *n aansienlike sektor van die Suid-Afrikaanse gefragmenteerde eiendomsmark vorm. Verskeie rolspelers benodig beskerming in hierdie sektor. Bejaardes gebruik normaalweg 'n aansienlike gedeelte van hulle aftree-kapitaal om hierdie behuising te finansier, terwyl die eienaars of bestuurders van aftreeskemas se regte en ver-pligtings duidelik omskryf moet word. Daarbenewens moet die belange van ontwikkelaars en beleggers in aftreeskemas in so 'n mate beskerm word dat die ontwikkeling van aftree-behuising steeds vir hulle 'n ekonomiese opsie is. Die Wet op Behuisingsontwikkeling-skemas vir Afgetrede Persone 65 van 1988 is gepromulgeer om die bogenoemde rolspelers se belange te beskerm. Behuisingsbelange kan ingevolge die Wet bekom word in aftreeskemas wal op verskeie wyses geadminislreer en bestuur word, maar in Suid-Afrika word die belange meestal in 'n deeltitel-, aandeleblok-, of lewensregskema bekom. In die geval van 'n deeltitelskema is die belang gekoppel aan eiendomsreg op 'n deeltiteleenheid ('n saaklike reg), terwyl die belange in die geval van aandeleblok- en lewensregskemas onderskeidelik op aandeelhouding in 'n aandeleblokmaatskappy en 'n lewensreg-ooreenkoms met die eienaar van die skema (in albei gevalle vorderings- of persoonlike regte) berus. Belanghebbendes word statutêr beskerm deur deeltitelwetgewing (in die geval van deeltitelskemas) en aandeleblokwetgewing (in die geval van aandeleblok-skemas), aangevul deur verdere beskerming ingevolge die Behuisingsontwikkelingswet spesifiek gemik op afree-oorde. In die geval van lewensregooreenkomste is die enigste statutêre beskerming van die belanghebbende vervat in die Behuisingsontwikkelingswet. Hierdie beskerming hou vera! verband met kontraksformaliteite, voorgeskrewe inhoud van die kontrak, inhoud van advertensies van die belang, insae in dokumente, bestuurs-verpligtinge, en remedies. Hierdie is 'n tipiese voorbeeld van sosiale beskermings- en verbruikerswetgewing. Die Wet beskerm verder alle belanghebbendes in die verskillende skemas deur die bepalings van artikel 4A, 4B en 4C. Ingevolge hierdie bepalings word die regsaard van enige lewensregbelang in 'n skema wat ingevolge die Wet as 'n aftree-skema teen die titelakte van die gro |
---|---|
ISSN: | 1682-4490 |