Influence of intense training program on cardio stress index/Die uitwerking van 'n intensiewe afrigtingsprogram op die kardiostresindeks
Rekrute in die gewapende magte word met talle stressors gekonfronteer, onder meer 'n strawwe opleidingsprogram wat 'n impak op hul fisiologiese funksionering kan he. Die kardiostresindeks (KSI) is 'n nie-indringende merker van die stres wat die hart ervaar. Die berekening van die KSI...
Gespeichert in:
Veröffentlicht in: | Suid-Afrikaanse tydskrif vir natuurwetenskap en tegnologie 2014-01, Vol.33 (1) |
---|---|
Hauptverfasser: | , , , , , , , , , , , , , |
Format: | Artikel |
Sprache: | eng |
Schlagworte: | |
Online-Zugang: | Volltext |
Tags: |
Tag hinzufügen
Keine Tags, Fügen Sie den ersten Tag hinzu!
|
Zusammenfassung: | Rekrute in die gewapende magte word met talle stressors gekonfronteer, onder meer 'n strawwe opleidingsprogram wat 'n impak op hul fisiologiese funksionering kan he. Die kardiostresindeks (KSI) is 'n nie-indringende merker van die stres wat die hart ervaar. Die berekening van die KSI is gebaseer op die duur van vaskulere eksitasie (duur van QRS), hartkloptempo, hartritme en die standaardafwyking van die tyd wat verloop tussen elke opeenvolgende kardiale siklus (RRinterval). Die doel van die huidige studie was om die fisiologiese impak van 20 weke van strawwe opleiding op rekrute te toets, met behulp van KSI as 'n nie-indringende biomerker van kardiostres. Proefnemings is by drie geleenthede tydens die basiese militere opleiding van rekrute, tussen die ouderdomme van 18 en 24 jaar, in die gewapende magte onderneem (week 1, week 12 en week 20) (n = 202, manlik = 115, vroulik = 87). Veranderlikes wat gemeet is, het die volgende ingesluit: rustende KSI, hartkloptempo (HKT) en bloeddruk. Data-analise is uitgevoer deur middel van gepaarde t-toetse ten einde die volgende pare te vergelyk: week 1 (basislyn) met week 12; week 12 met week 20; en week 1 met week 20. Wat die manlike rekrute betref, was die gemiddelde KSI en harttempo by al drie toetse binne normale perke. Die basislynwaardes vir vroulike rekrute was in betekenisvolle mate hoer in die eerste week. Daar was 'n algehele afname van die KSI oor die hele tydperk van 20 weke. Uit hierdie studie wil dit voorkom asof die meting van die KSI 'n nieindringende metode is om die uitwerking van afrigting op die hart te bepaal. |
---|---|
ISSN: | 0254-3486 |
DOI: | 10.4102/satnt.v33i1.1180 |