n Vermeend onderhoudsbehoewende verwant en uitdruklike onterwing deur potensieel onderhoudspligtige
Ilott v The Blue Cross 2017 4 All ER 545 (SC)1 Inleiding Aan die hand van ’n onlangse beslissing van die Engelse supreme court in Ilott v The Blue Cross (2017 4 All ER 545 (SC)) op appèl van die court of appeal word enkele opmerkings gemaak oor die hantering van ’n testateur se uitdruklike onterwing...
Gespeichert in:
Veröffentlicht in: | Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse reg 2020-01, Vol.2020 (1), p.88-103 |
---|---|
1. Verfasser: | |
Format: | Artikel |
Sprache: | afr ; eng |
Online-Zugang: | Volltext |
Tags: |
Tag hinzufügen
Keine Tags, Fügen Sie den ersten Tag hinzu!
|
Zusammenfassung: | Ilott v The Blue Cross 2017 4 All ER 545 (SC)1 Inleiding Aan die hand van ’n onlangse beslissing van die Engelse supreme court in Ilott v The Blue Cross (2017 4 All ER 545 (SC)) op appèl van die court of appeal word enkele opmerkings gemaak oor die hantering van ’n testateur se uitdruklike onterwingswil in daardie regstelsel. Omdat van die Suid-Afrikaanse regters dikwels ook in aangeleenthede van die erfreg en in die besonder by die inkleding van die norme van die testate erfreg soos by testamentsuitleg uitsprake uit daardie regstelsel as voorbeeld benut, is dit sinvol om krities met hierdie uitspraak om te gaan. Slegte voorbeelde verdien geen klakkelose navolging nie. Daarteenoor word ook verwys na die hantering van ’n duidelike onterwingsbedoeling in sommige Vastelandse regstelsels soos die Duitse, Belgiese of Nederlandse reg wat nou wel voorsiening maak vir ’n “onterwing” selfs van die legitieme porsie wat andersins steeds soos ’n heilige koei in gemelde Vastelandse stelsels hanteer word ten einde aan die tersake verwante ’n gewaarborgde aanspraak op ’n deel van die erflater se boedel te verleen ongeag die testateur se uitdruklike laaste wil. Daaruit blyk dat die deur toenemend in van die Vastelandse stelsels op ’n skrefie oopgelaat word om in uitsonderlik harde gevalle ’n uitkoms te gee wat meer in lyn is met die testateur se wil én met die gemeenskapsoortuiging. Die Ilott-uitspraak van die ander kant van die Engelse kanaal dui daarenteen op ’n teenoorgestelde beweging. |
---|---|
ISSN: | 0257-7747 |