Investigating the appropriateness of the theory of organisational knowledge creation as a management model for practice-led research
Die gepastheid van die teorie van organisatoriese kennisskepping as bestuursmodel vir praktykgeleide navorsing. Hierdie artikel bied ‘n ondersoek na die wyse waarop praktykgeleide navorsingsprojekte met veelvuldige deelnemende praktisyns in die skeppende dissiplines (Grafiese Ontwerp, Kunsgeskiedeni...
Gespeichert in:
Veröffentlicht in: | Literator 2012-11, Vol.33 (1), p.e1-e10 |
---|---|
1. Verfasser: | |
Format: | Artikel |
Sprache: | afr |
Online-Zugang: | Volltext |
Tags: |
Tag hinzufügen
Keine Tags, Fügen Sie den ersten Tag hinzu!
|
Zusammenfassung: | Die gepastheid van die teorie van organisatoriese kennisskepping as bestuursmodel vir praktykgeleide navorsing. Hierdie artikel bied ‘n ondersoek na die wyse waarop praktykgeleide navorsingsprojekte met veelvuldige deelnemende praktisyns in die skeppende dissiplines (Grafiese Ontwerp, Kunsgeskiedenis en Skryfkuns) soos dit tans onderneem word by die Noordwes-Universiteit se Potchefstroomkampus voordeel kan trek uit die toepassing van ‘n spesifieke bestuursteorie wat gerig is op die skep van kennis. Om hierdie rede word ondersoek ingestel na die teorie van organisatoriese kennisskepping soos gekonseptualiseer deur Nonaka en sy kollegas. Die ondersoek is verder begaan daarmee om ooreenstemmende en gemene aspekte van praktykgeleide navorsing en die teorie van organisatoriese kennisskepping te identifiseer. Die argument wat in hierdie artikel aan die hand gedoen word, is dat die konseptualisering van kennis as ‘n subjektiewe en sosiaal-gekonstrueerde fenomeen sentraal staan tot beide praktykgeleide navorsing en die teorie van organisatoriese kennisskepping. Verder word aangevoer dat die integrasie van ingebedde en eksplisiete kennis ‘n holistiese beskouing van kennis moontlik maak, wat nie bereik sou kon word indien kennis in reduktiewe wetenskaplike terme beskou sou word nie. Voorts word die transdissiplinêre praktykgeleide navorsingsprojek, Oor die einders van die bladsy, ontleed in terme van die SECI kennisgesprekmodusse. Die SECI-model is die rigtinggewende dryfkrag wat die oorgang vanaf ingebedde na eksplisiete kennis bewerkstellig, spesifiek deur sosiale interaksie. Die doel van die Oor die einders van die bladsy-projek was om ‘n uitstalling van kunstenaarsboeke van stapel te stuur – dit sou die beginpunt wees van ‘n kennisproduksieproses. Veertig kunstenaars is genooi om kunstenaarsboeke te skep vir die uitstallings wat in 2010 gehou is te Stellenbosch, Potchefstroom en Johannesburg. Die betrokke kunstenaars is gekies uit verskeie kunste asook verwante velde. Daar word tot die slotsom gekom dat die gebruik van kennisbestuur in praktykgeleide navorsingsprojekte met veelvuldige deelnemende praktisyns soos hierdie een, binne die skeppende dissiplines by die Noordwes-Universiteit se Potchefstroomkampus ‘n beter begrip van kennisbestuur moontlik sal maak, en daarom ook sal lei daartoe dat kennisskepping op meer doelmatige wyse plaasvind omdat beide eksplisiete en ingebedde kennis optimaal gebruik word. |
---|---|
ISSN: | 0258-2279 2219-8237 |
DOI: | 10.4102/lit.v33i1.30 |