Invloed van sekere grondeienskappe op aktiwiteit van atrasien
Die aktiwiteit van atrasien is in biotoetse onder gekontroleerde toestande ondersoek in 43 gronde vanaf 29 lokaliteite geleë in die somerreënvalstreek van Suid-Afrika. Sojabone en hawer is in afsonderlike proewe as toetsgewas gebruik. Geselekteerde grondeienskappe is met atrasienaktiwiteit gekorrele...
Gespeichert in:
Veröffentlicht in: | South African journal of plant and soil 1988, Vol.5 (1), p.32-36 |
---|---|
Hauptverfasser: | , , |
Format: | Artikel |
Sprache: | eng |
Schlagworte: | |
Online-Zugang: | Volltext |
Tags: |
Tag hinzufügen
Keine Tags, Fügen Sie den ersten Tag hinzu!
|
Zusammenfassung: | Die aktiwiteit van atrasien is in biotoetse onder gekontroleerde toestande ondersoek in 43 gronde vanaf 29 lokaliteite geleë in die somerreënvalstreek van Suid-Afrika. Sojabone en hawer is in afsonderlike proewe as toetsgewas gebruik. Geselekteerde grondeienskappe is met atrasienaktiwiteit gekorreleer. In beide proewe het % C, fosforvaslegging en klei-inhoud atrasienaktiwiteit goed voorspel, terwyl katioonuitruilvermoë en pH deurgaans swakker voorspellers was. In meervoudige regressie-analises is die grootste R
2
-waarde verkry met 'n kombinasie van % C, P-vaslegging en klei-inhoud. Inagneming van % C, P- vaslegging en klei-inhoud by die gebruiksvoorskrifte vir atrasien behoort die risiko verbonde aan die gebruik daarvan op sekere gronde aansienlik te verminder en/of die effektiwiteit van onkruidbeheer te verhoog. |
---|---|
ISSN: | 0257-1862 2167-034X |
DOI: | 10.1080/02571862.1988.10634245 |